Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 403
Mpumalanga

Mpumalanga (2)

Tuesday, 14 May 2013 12:57

Rosslee Vaaldam

Written by

Met die termometer op – 5.5°C, was dit sekerlik nog die koudste wat ek hier-die winter langs die water gekry het! Gelukkig is dit teen dié tyd (wanneer hierdie uitgawe verskyn) al vroeg lente en kan ons weer eersdaags lang somerdae langs die water deurbring. Maar nieteenstaande die feit dat dit vroegoggend so koud was het die vis steeds in die water baljaar. Die vis het op alle afstande die wateroppervlak gebreek – die koue lugtempratuur het hulle geensins gepla nie...
By Rosslee het ek nog net aan die regterkant van die bloekombos gehengel en dit is 'n goeie paar jaar gelede. Die inligting wat ons vooraf gekry het was om soos wat die grondpad na die water afkom net links van die enkel bloekomboom te hengel. "Daar is 'n sementblad net so links van die boom – dit is 'n goeie spot". Nadat ons heeltemal links af gery het, het dit vir ons gelyk of daar meer visaktiwiteit aan die linkerkant van die oewer is en daarom het ons besluit om daar stelling te gaan inneem vir die sessie. Ons het 'n goeie 100m links van die enkel bloekomboom afgepak. Die gevriesde gras het onder ons voete gekraak soos wat ons besig was om af te pak en ons gerei op te slaan. Die water was verbasend 'warmer' as wat ons gedink het – geen wonder die vis het so lekker gespeel nie! Dit is ook baie dieper as wat dit lyk en ons kon skaars drie tree gee of ons staan reeds kniediep in die water.

'n Ligte Ooste wind het gewaai en ek moet sê dit het my aanvanklik 'n bietjie bekommerd gehad omdat dit nie die normale windrigting by Vaaldam is nie.
Ons gas, Peter, is eienaar van Dam Good Tackle wat verantwoordelik is vir die goeie kwaliteit kurk poeliesmanne en 'light stick holders' wat meeste van ons gebruik. Hulle vervaardig ook staal produkte soos kasstaanders, mikstokke, hounetstaanders en spaarstokhouers om 'n paar te noem. Peter was eerste om 'n lyn in die water te kry en hy het van meet af die langer stokke uitgehaal om mee te hengel. Sy gekose afstand was 110 meter.
Terwyl ek die grondvoer voorbereiding en die maak van Strawberry Nesquik deeg vir my en Marthinus behartig het, het hy ons 10' stokke in die gereedhouding begin kry. Daar is nou maar eenmaal iets aan spanwerk waarby jy net nie verby kan kom nie...
Na ons goeie sukses die vorige sessie by die Inloop met die Strawberry Nesquik deeg, het ons weer besluit om dit te maak. As jy mooi daaroor dink het hierdie hoekaas meer voordele as nadele – veral by Vaaldam: in die eerste plek het jy 'n deeg wat soet is en die suiker gee die regte tekstuur, tweedens het die deeg 'n sagte aarbei geur wat beslis vir Vaaldam 'n pluspunt is en derdens is die kleur daarvan nie te donker nie.
Alhoewel daar tot so naby as 50 meter vanaf die oewer visaktiwiteit is, besluit ek en Marthinus tog om die vis op 'n afstand tussen 70 en 100 te soek. Dit beteken dat op ons "pen" daar 'n aas op elke 10 meter tussen die twee afstande lê. In kompetisie omstandighede kan hierdie tegniek as 'n goeie hulpmiddel gebruik word om die regte hengelafstand te bepaal.

Wat ons stroppe betref het ek, gegewe die weersomstandighede, met 'n M0 Rietvlei begin. Daiichi DH 55 nr. 1 hoeke gebind op 120mm lange 0.18mm Awa Shima Primer hoeklyn was die visse se voorland. Die 250mm gewiglyn was gebind met 0.36mm 18 pond Hi-abrasion. My Rietvlei stroppe word gebind met 'n draaispil aan die bo-punt van die strop i.p.v. 'n lus in die lyn. Die voordeel wat dit vir my inhou is die feit dat die draaispil 'n meer sekure hegtingspunt vir die 'clip-on swivel' bied – dit is 'n metaal op metaal hegting. Ek voel dat die lus in die lyn maklik geskaaf word deur die 'clip-on swivel' omdat dit los is en heen-en-weer kan beweeg.

'n Halfuur nadat Peter sy eerste stok gegooi het word hy beloon met 'n kort 'reel run' en sy eerste vis, 'n half kilo karp, word oor sy skepnet getrek – dit lyk belowend. 'n Rukkie later en Marthinus gaan dieselfde proses deur, maar die vis kom af.

My eerste byt vir die sessie is maar 'n halfhartige rond ruk van die poeliesman en ek slaag nie daarin om die byt te verander in 'n vis in die net nie. My tweede byt van sessie is'n skreeuende Baitrunner maar toe ek die stok optel is daar niks.
'n Snaakse ding wat sy kop hier uitsteek! Marthinus verloor ook 'n vis van 'n 'run' af. Die eerste vis wat ek in my net kon kry is aan die onderkant van die bek gehak – so te sê aan die keel. Later die oggend het Peter ook gemeld dat hy twee vis buitekant die bek gevang het. Dit wou voorkom of hierdie verskynsel net vir die eerste ruk van die sessie voorgekom het, want later het die karpies almal die hoek fluks op getel en is hulle binne die bek gehak. Peter het kaboempitte tuis gekook wat hy grof gemaal het en in sy Trigga-Feed gemeng het. Die gemaalde kaboems het 'n beter mielie geur as byv. Chick-chick en hy glo dit dra by tot sy sukses. Vir die res van ons sessie vang ons elke dan en wan 'n vis. Wanneer die vis stil raak verander ons net van kombinasie en dan staan hulle weer tou om die aas op te tel.
O ja voor ek vergeet: wees op die uitkyk vir 'n paar nuwe Bait Sprays vanaf die einde Augustus – onder andere die Dominator waarmee ons tydens hierdie sessie gehengel het.

Marthinus se Hoekase en kombinasies.

1. Boonste hoek: Skoon wit floatie
Onderste hoek: Skoon wit floatie en 'n Strawberry Nesquik deeg
Voerbal: Ultraspice en Wig-wam

2. Boonste hoek: Skoon wit floatie en Strawberry Nesquik deeg spuit met Dominator
Onderste hoek: Skoon wit floatie en 'n Strawberry Nesquik deeg
Voerbal: Hot Honey, Dominator en Yellow Activator

 

 

 

 

 

 

Peter se Hoekase en Kombinasies

1. Boonste hoek: Skoon soet wit deeg gedoop in Lootie
Onderste hoek: Geel wintergreen floatie met 'n soet wit deeg agter.
Voerbal: Lootie, Ultraspice en 'n Karamel mengsel.

2. Boonste hoek: Skoon soet wit deeg
Onderste hoek: Garlic floatie met 'n soet wit deeg agter
Voerbal: Yellow Activator en 'n Karamel mengsel.

3. Boonste hoek: Skoon soet wit deeg
Onderste hoek: Geel wintergreen floatie met 'n soet wit deeg agter.
Voerbal: Pink Peach, Trufruit en 'n Karamel mengsel.

 

 

 

 

Johan se Hoekase en Kombinasies

1. Boonste hoek: Strawberry Nesquik deeg
Onderste hoek: Skoon wit floatie en 'n Strawberry Nesquik deeg doop in Wig-wam
Voerbal: Extra Strong

2. Boonste hoek: Skoon wit floatie en Strawberry Nesquik deeg spuit met Dominator
Onderste hoek: Skoon wit floatie en 'n Strawberry Nesquik deeg
Voerbal: Hot Honey, Dominator en Yellow Activator

Wednesday, 13 March 2013 10:24

Grootdraaidam

Written by

Grootdraaidam is 'n dam wat gereeld deur omliggende provinsies gehengel word en na ons eerste sessie kon ek sien hoekom dit een van die hengel "Mekka's" in Mpumalanga is... My eerste kennismaking met die dam was lank gelede toe ek nog as junior hengelaar vir Verre Noord (nou Limpopo) gehengel het. Die Standerton Derby was 'n jaarlikse kompetisie wat gehengel was tussen 'n klompie provinsies – amper iets soos die Geheel Transvaal Kampioenskap wat vandag nog gehengel word. Tot voor hierdie sessie sou ek nie eers by die dam kon uitkom op my eie nie! Ek en Sarel het onder leiding van Morné stelling in 'n oop gat in die waterlynplantegroei ingeneem. Om die beste van die relatiewe klein stukkie 'oewer' te maak, het ons maar ons staanders opgestel in 'n webvorm sodat ons nie in mekaar se pad sou wees tydens die sessie nie. As ek so vinnig na die dam kyk en luister na wat Morné vertel, dan sien ek uit na die sessies wat kom...

Gaste vir die sessie
Naam: Morne Ludick.
Klub en Provinsie: Standerton HK, Mpumalanga
Beroep: Sakeman en Eienaar van Rainbow Angling, Standerton. Tel nr. 017 712 6707
Hoogste span behaal: Mpumalanga Snr A
Meeste vis ooit gevang: 76 vis by Harties in 'n klubkompetisie.

Die Oord
Naam: Standerton & Distrik HK/ Meyerville HK gronde
Hoe om daar te kom: Vanaf Standerton ry met die R23 in die rigting van Vrede. Ry net oor die Vaalrivier en draai dan links op die eerste grondpad. Volg die grondpad vir ongeveer 7km. Die rooi hek is aan die linkerkant van die pad.
Lengte van oewer: 7 km
Toegang: R25 pp

Die Oewer
Kontak: Francois Scheepers. Tel: 083 279 4498 Let wel: Slegs vir klub besprekings.
Grondoppervlak: Lang gras tot teen die water.
Waterkleur: Lig bruin groen.
Waterdiepte: 'n Meter diep op 15 meter vanaf die oewer waar ons gehengel het.
Obstruksies: Effense grassies dan-en-wan.

Die Weer
Lugtemperatuur: Min 19°C @ 06:00 en Maks. 29°C @ 13:00.
Windsterkte: 5-20 km/h.
Windrigting: Wes
Wolkbedekking: Aanvanklik geen maar bewolk later.

Die Sessie
Datum: Dinsdag, 19 Januarie 2010.
Duur: 08:30 tot 13:30.
Hengelarea: In die sloep onder die wit toilet.
Verwagting: Hoe sal ons eerste sessie daarna uitsien?

Afstand
Onder kompetisie omstandighede, wanneer daar baie oewergeraas is, is die vis geneig om die dieper water te gaan opsoek. Dan is dit beter om met een stok op so 90 tot 100m te hengel en dan die ander stok op 'n goeie 120m. Kyk dan op watter afstand die vis beter reageer en maak die aanpassing soos nodig.

Geurkonsentrate
Wat kan jy verwag t.o.v. geure by Gootdraaidam? Wel geure soos 'Musk', TCP, Perske, Duiwelsdrek, Konffel, 'Bunspice', Aarbei, Piesang en Bloekom kan met groot sukses gebruik word. Ek dink daar bestaan baie ooreenkomste wat geure betref tussen Grootdraai en Vaaldam. So probeer gerus jou gunsteling Vaaldam geurkombinasies ook hier.

Stroppe
Dit is altyd die moeite werd om met verskillende idees, wanneer dit by stroppe kom, te eksperimenteer. Ek en Morné het 'n 'standaard' Glyrietvlei gebruik met 'n M0 en M1 onderskeidelik. My voorkeur hoekgrootte is die nr. 1 DH 55 en Morné sê hy geniet 'n nr.2. Ek het opgelet dat Sarel 'n ander strop as ons gebruik en het nadere ondersoek ingestel. Die strop wat hy gebruik het was in werklikheid 'n 'Bottom' of Vaaldam strop, maar met 'n bietjie verbeelding het hy dit in 'n semi-vaste Rietvlei strop omskep. Die hoeke word deur 'gummy stops' in posisie gehou op die skag- of gewiglyn. Die gewig waarvan hy gebruik gemaak het is 'n "mushroom" tipe waarin 'n hakkie gedraai is en dit word heel onder aan die gewiglyn gebind. Nou word die boonste hoeklyn aan die bo-kant van die gewiglyn geposisioneer sodat die hoek bo die gewig hang. Die onderste hoeklyn word tot heel onder teen die gewig geskuif sodat die hoek onder die gewig hang. Wanneer jy nou die voerbol op die gewig vasdruk, lê die onderste hoeklyn langs die gewig en druk dit saam met die voerbol om die gewig vas. Hierdie strop bied die voordeel dat daar altyd 'n hoek weerskante van die voerbol lê. Jy kan ook die hoeke posisioneer waar jy wil om te kyk of jy beter resultate met verskillende hoekposisies het.

Hoekase
1. 'n Wit amandel degie het vir baie van die vis gesorg
2. 'n Hele of halwe maaier floatie
3. 'n Enkel pit het ook gewerk – selfs 'n groot Muddie het daarvoor kans gesien!
4. Ons kon ook 'n vis of wat op wurms vang.

3 Dubbels!  Hoe is dit vir geluk? Drie dubbels in een sessie – beslis 'n hupstoot in enige kompetisie!3 Dubbels! Hoe is dit vir geluk? Drie dubbels in een sessie – beslis 'n hupstoot in enige kompetisie!

Voer
Sonder om dit vooraf te bespreek het elkeen van ons iets anders met ons voer gedoen: Morné het by 'n standard voer gebly en niks addisioneel in sy voer gebruik nie. Sarel het 'n handvol fluorescein Stimulator Pellets by sy voer ingemeng en ek het 'n halwe blik KOO pitmielies by my voer gebruik. Sarel wou 'n voer met ekstra wolkende werking in die water hê en ek wou meer vaste partikels op my kol los waaraan die vis deur die sessie kan peusel.

Die sessie
Omdat ek nie die dam so goed ken nie, het ek besluit om twee kolle te hengel op 70 en 90m onderskeidelik. Die nader kol het meer vis opgelewer met 'n hoër byttempo. Die vis het van die eerste gooie gebyt en hoe meer akkuraat jy die kol kon raak gooi hoe gouer het jy 'n byt gekry. Sarel en Morné het albei tussen 80 en 90m gehengel. Al drie van ons het begin met die rooi Molasse Musk bol dip en groen Duiwelsdrek 'Bait spray'. Morné het aanvanklik ook goeie resultate met die sagte TCP en aktiewe geel knoffel gehad. Toe die wind later in die sessie opsteek het ek die sterker TCP by die Musk/duiwelsdrek kombinasie bygesit en dadelik goeie reaksie gehad. Growwer deeg op die hoek het ook effens groter vis beteken. Ek kon 'n paar vis met 'n enkel mieliepit flous – onder andere een van die groter muddies!