Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 410
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 403
Wednesday, 22 May 2013 13:32

Onderstebo Vaaldamstrop

Written by 
Rate this item
(2 votes)

Die "Onderstebo Vaaldamstrop" is 'n aanpassing van die gewone Vaaldamstrop en word gebruik om dieselfde haak-doeltreffendheid te bied as 'n Rietvleistrop maar om maksimum hengelafstand te kry. Dit kan met of sonder 'n mieliebom gehengel word, en is 'n voorkeurstrop om te hengel in sterk wind of as maksimum afstand gegooi moet word.
Die ontwerp teorie van die strop is dat die sinker net soos met 'n Rietvleistrop tussen die twee hoeklengtes is, maar nie op die skaglyn vasgemaak is nie maar wel op sy eie sinkerstrop wat tussen die twee hoeklyne kan beweeg.
Hierdie strop verskaf die beste van twee wêrelde synde dit die gooi vermoë het van 'n gewone Vaaldamstrop tesame met die byt sensitiwiteit van 'n Rietvleistrop. Dit kan met swivels of gummystops gebind word – met swivels word dit 'n vaste strop, en met gummystops word dit 'n glystrop.

Benodighede:

  • Skaglyn tussen 14 en 18lb
  • Hoeklyne tussen 7 en 10lb
  • " P " gewigte met ogie bo aan (jou keuse van grootte)
  • Hoeke in die grootte wat jy dit verkies
  • #.10 of 12 Power swivels
  • Gummystops en/of 'driegang draaispille
  • Safty clip swivel

 

Stap 1

Die gewiglyn gedeelte moet ongeveer 200mm lank wees met n "safety clip-on swivel" onder, en 'n #10 swivel bo

Stap 2

Neem 'n lyn ongeveer 130mm lank met 'n #10 swivel aan die bo kant vasgemaak, ryg 'n gummystop eerste, dan druk die lyn deur die swivel van die gewiglyn en plaas nog 'n gummystop. Neem dan 'n swivel en maak dit vas aan die onderkant van die lyn. Jy sal sien die gewiglyn kan skuif tussen die twee swivels van die twee hoeklyne.

 

Stap 3

Maak twee hoeklyne van ongeveer 120mm lank, bind een aan die onderste swivel wat jy gemaak het in stap 2. Plaas 'n #12 swivel aan die boonste punt van jou ander hoeklyn. Dan maak nog 'n lyn van ongeveer 130mm lank en maak dit vas aan die boonste swivel van die lyn wat jy in stap 2 gemaak het. Ryg nou 'n gummystop eerste, gevolg deur die hoeklyn met nog 'n gummystop.

 

Stap 4

Die finale stap vir jou strop – neem 'n #10 swivel en bind dit aan die boonste punt van die strop vas.

Daar is jou 'Onderstebo Vaaldamstrop' klaar en gereed om mee te hengel.

Read 3435 times Last modified on Wednesday, 22 May 2013 14:58