Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 410
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 403
Wednesday, 22 May 2013 13:19

Leeupanstrop

Written by 
Rate this item
(3 votes)

Die Leeupanstrop is seker die onbekenste strop tussen hedendagse hengelaars, en word baie min gebruik. Die strop is net bekend vir sommige hengelaars maar is 'n baie eenvoudige en doeltreffende tipe strop wat gebruik word as daar baie obstruksies en vashaak plekke in die water is, en as jy nie een hoekie wil afhaal van jou strop nie. Die strop word gebruik om alle visspesies te teiken soos Karp, Moddervis, Graskarp, Geelvis, Baber ensovoorts. Die strop kan ook vlak of diep gehengel word, vanaf 30m tot 140m.
Daar is twee tipe stroppe wat 'n mens kan maak, naamlik die Leeupan 'babyshoe' en die Leeupan 'Rietvlei' strop.
Die strop lyk soos 'n gewone Babyshoe of Rietvlei maar as die vis die een hoek optel en daar is druk op die lyn, skyf die ander hoek teenaan die sinker vas en dit verhoed dat die ander hoek aan obstruksies vashaak.

Benodighede:
* Skaglyn tussen 14 en 18lb
* Hoeklyne tussen 7 en 10lb
* Mushroom gewig (jou keuse van grootte), Sputnik of Spring
* Hoeke in die grootte wat jy verkies
* Nr.10 draaispil
* Kraletjies
* Gummystops

 

 

 

 

 

 

STAP 1:
Hoeklyn (lang een) en jou skaglyn van sowat 220mm.

 

STAP 2:
Ryg 'n kraletjie op die skaglyn gevolg met die sinker, sputnik of spring en dan weer 'n kraletjie.

 

STAP 3:
Bind die onderpunt van die skaglyn aan die draaispil vas.(let op dat die strop nou niks hoeke op het nie)

 

STAP 4:
Vat jou hoeklyn (onthou dat hier kan nie die snelknoop maak nie) waar die hoek aan die eenkant vas is en ryg 'n gummystop gevolg met 'n kraletjie. Druk nou die hoeklyn deur die draaispil onder die sinker deur.

 

STAP 5:
Ryg nou weer 'n kraletjie gevolg deur 'n gummystop op die hoeklynen knoop die ander hoek aan die punt.

Read 4667 times Last modified on Wednesday, 22 May 2013 15:20