Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 410
Wednesday, 22 May 2013 11:39

Gly Rietvleistrop

Written by 
Rate this item
(6 votes)

Die Glyrietvlei is seker die gewildste strop onder modern sosiale en kompeterende hengelaars in Suid-Afrika. Die strop word gebruik om alle visspesies te teiken soos Karp, Moddervis, Graskarp, Geelvis, Baber ensovoorts. Die strop kan ook vlak of diep gehengel word, vanaf 30m tot 140m.

Die ontwerpteorie van die strop is dat die boonste hoek op en af kan gly, en sodoende kan die aas by die voerbal lê. Met die Glyrietvleistrop kan altwee hoeke terug in die bol gedruk word – alombkend as "haasoortjies". Daar is twee maniere hoe die boonste hoek op die skaglyn aangesit kan word:
A – Die hoeklyn se draaispil word op die skaglyn gesit sodat dit op en af kan gly;
B – Met die gebruik van Gummystops kan die boonste hoek verstel word sodat jy dit naby of verder weg van die voerbal kan hengel.

Benodighede:

  • Skaglyn tussen 14 en 18 lb
  • Hoeklyne tussen 7 en 10 lb
  • Mushroom gewig (jou keuse van grootte), Sputnik of Spring
  • Hoeke in die grootte wat jy verkies
  • Nr.10 of 12 "Power" draaispille of 'n driegang draaispil
  • Kraletjies of Gummystops

 

STAP 1:
Maak twee hoeklyne van so 120mm lank met draaispille aan, en 'n skaglyn sowat 220mm lank.

STAP 2:
Daar is twee opsies om die boonste hoek te laat gly of dit te hengel soos jy verlang.

A Ryg 'n kraletjie op die skaglyn gevolg met jou hoeklyn en dan weer 'n kraletjie.
B Ryg 'n Gummystop op die skaglyn gevolg met die hoeklyne en dan weer 'n Gummystop

STAP 3:
Plaas nou 'n gewig van jou keuse op die skaglyn gevolg deur nog 'n kraletjie, en knoop die skaglyn aan die ander hoeklyn se draaispil vas.

Read 4126 times Last modified on Wednesday, 22 May 2013 13:18