Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 410
Wednesday, 22 May 2013 10:52

Vaste Rietvleistrop

Written by 
Rate this item
(1 Vote)

Die Vaste Rietvleistrop en Glyrietvlei is onder moderne sosiale en kompeterende hengelaars seker die gewildste strop.Dit word gebruik om alle visspesies te teiken - karp, moddervis, graskarp, geelvis, baber en kan vlak of diep gehengel word oor enige distansie.

Die ontwerpteorie van die strop is dat die boonste hoek nie op en af kan gly nie maar is wel vas; sodoende kan die hoek gehengel word of weg of teenaan die voerbol. Daar is verskillende maniere hoe die boonste hoek vas gebind word sodat dit nie op die skaglyn gly nie:

                    1. Die hoeklyn en die skaglyn word saam op een draaispil bo vasgemaak.
                    2. Gebruik 'n driegang-draaispil waaraan die hoeklyn en skaglyn vas gemaak word.
                    3. Maak 'n gewone lus bo sodat die lyn langer is om 'n groter hoek bo aan te bind vir baberhengelsaam met wurms en om terseltertyd met die onderste hoek vir karp te hengel. (Let wel: met hierdie taktiek moet die strop 'n bietjie langer as normaal wees om die boonste hoek met baberaas weg van die onderstste hoek met karpaas te hou. 

 

Benodighede

  • Skaglyn tussen 14 en 18 pond
  • Hoeklyne tussen 7 en 10 pond
  • Mushroom gewig (jou keuse van grootte ) sputnik of spring
  • Hoeke in die grootte wat jy verkies
  • Nr.10 of 12 "Power" draaispille of 'n driegang draaispil
  • Kraletjies

 

 

 

STAP 1:
Maak twee hoeklyne van so 120mm lank met draaispille aan, en 'n skaglyn tussen 200 en 300 mm lank.

STAP 2:
Daar is drie opsies om die boonste hoek aan 'n vaste lyn te kan maak:

  1. Bind die skaglyn vas aan die draaispil waaraan die hoek vas is en ryg 'n kraletjie op die skaglyn, gevolg met jou sinker.
  2. Op 'n driegang draaispil bind die hoeklyn aan die een ogie en die skaglyn op die onderste ogie gevolg met 'n kraletjie en dan die sinker op die skaglyn.
  3. Maak 'n lusknoop op die lyn sodat die punt langer bly om 'n groter hoek daaraan te bind, maar onthou dat as jy diè metode gebruik moet jy sorg dat die skaglyn langer is as normaal omdat jy die boonste hoek gaan gebruik om babers te teiken , gevolg met 'n kraletjie en 'n sinker op die skaglyn.

STAP 3:
Plaas nou 'n kraletjie onder die sinker op die skaglyn en knoop die skaglyn aan die draaispil van die ander hoeklyn.

Read 2750 times Last modified on Wednesday, 22 May 2013 11:37