Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 403
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 410
Tuesday, 14 May 2013 09:58

Hoe om 'n Muddie "Kombersie" te maak

Written by 
Rate this item
(7 votes)

Wanneer jy op muddies wil konsentreer is daar ‘n troefkaart om te gebruik…’ n “kombersie”!

Ons wys jou hoe!

 

In die warm maande wanneer die muddies goed aan die gang is, is daar ‘n paar troefkaarte wat jy kan gebruik om meer muddies in jou hounet te gooi. Muddies is mal oor deeg, hou van ‘n melkerige wolk in die water en het boonop nog ‘n soettand ook! Die kombersie”, soos ons dit ken, kombineer al drie hierdie eienskappe waarvan hierdie vis hou. Die naam ‘kombersie’ is afgelei uit die feit dat dit die aas of voerbol heeltemal ‘toedraai’. Gebruik dit amper soos ‘n voerbal dip en bedek die hele voerbol daarmee. Op die voerkol sal dit blus en die muddies sal mal gaan! Die groter stukke bied dan die vis iets om voortdurend aan te suig terwyl die melkerigheid hulle op die voerkol hou. Saam met die kombersie kan jy steeds jou gunsteling geurkonsentrate gebruik wat jy soos normaal aanwend alvorens jy die kombersie oorgooi.

 

GAAN SOOS VOLG TE WERK:

Benodighede

‘n 2.5 Liter emmertjie, koekmeel, water, kondensmelk, Strawberry Nesquick, Vanilje geursel en ‘n 500ml wyebek koeldrank bottel.

Stap 1:

Gooi 500ml water in die emmertjie.

Stap 2:

Gooi die blikkie kondensmelk by die water en meng dit.

Stap 3:

Nou volg die vanielje geursel – gebruik 50ml

Stap 4:

Voeg 4 eetlepels Nesquik by die mengsel en roer totdat dit opgelos het.

Stap 5:

Nou word die koekmeel bygevoeg terwyl die mengsel voortdurend geroer word. Sorg dat al die klonte wat moontlik deur die koekmeel gemaak word uitgeroer word. Die kombersie is gereed wanneer dit ‘n slap deeg vorm bereik het.

Stap 6:

Laastens word kombersie in die koeldrank bottel gegooi vir maklike gebruik.

Read 5678 times Last modified on Wednesday, 22 May 2013 09:57

Johan is a Protea Match Angler, with federation colours in Bank Angling and is a well-known figure at the resorts he regularly visits on assignments.