Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 410
Wednesday, 17 April 2013 15:20

Gly Vaaldamstrop met Gummystops

Written by 
Rate this item
(4 votes)

Die eenvoudige strop met baie voordele

Hierdie variasie van die Vaaldamstrop het al die gooi eienskappe van die gewone Vaaldamstrop maar met die gebruik van Gummystops op die strop bied dit bykomende voordele. Die hoeklyntjies kan geposisioneer word na gelang van die benodighede van die huidige toestande sonder dat daar enigsins afgesny en oorgebind moet word. Die volle bestek van die skaglyn kan gebruik word wat geweldige vryheid bied.

‘n Verdere voordeel is dat wanneer ‘n vis aan die hoek is, kan die hoekstrop afskuif sodat die hoek onder die gewig is wat vashaak grootliks sal vermy. Die groot nadeel van ‘n Vaaldamstrop, die sinker wat altyd onder sleep, word dan dadelik uit die weg geruim.

Om ‘n Gummystop aan die lyn te kry is baie maklik. Gummystops word op dun draadjies verskaf wat ‘n lus vooraan het, en al wat mens moet doen is om die punt van die lyn deur die lus te steek, dit terug te buig en dan word die Gummystop eenvoudig vanaf die draadjie op die lyn getrek.

 As ‘n Gummystop eers gebruik is kan dit nie weer gebruik word nie, maar dit is redelik goedkoop om aan te skaf.  

 

Benodighede

  • 400mm Skaglyn tussen 14 en 18 – pond
  • 2 x Hoeklyne tussen 7 en 10 – pond
  • " P " gewigte met ogie bo aan (jou keuse van grootte )
  • 2 x Hoekies in die grootte wat jy dit verkies
  • 2 x Nr.10 of 12 “Power Swivels” 
  • 4 x Gummystops
  • “Safety snap swivel”

 

 

 

Stap 1 Maak ‘n lus in die skaglyn en sny die skaglyn op ‘n lengte van sowat 400mm.

Stap 2 Plaas ‘n gummystop op die lyn en skuif op tot bo. Ryg nou die draaispil wat aan die hoeklyn is op die lyn, gevolg deur nog ‘n gummystop.

Stap 3 Herhaal stap 2 sorgvuldig.

Stap 4 Bind nou ‘n “safety snap swivel” onderaan deur ‘n Palomar knoop te gebruik. Knip die sinker van jou keuse daaraan.

 

Read 3669 times Last modified on Wednesday, 22 May 2013 10:14