Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 403
Wednesday, 17 April 2013 13:26

"Chopped Worm"

Written by 
Rate this item
(3 votes)

In ons sewentiende deel in hierdie reeks van die Aas Kliniek gaan ons op die praktiese aanbieding van ‘chopped worm’ fokus.  ‘Chopped worm’ kan met groot sukses gebruik word om enige spesie te vang.  Soos meeste ander vleisase is wurms ‘n baie natuurlike aas – ons “modify” dit net so bietjie om meer effektief te wees in die vorm van ‘chopped worm’.  Die gebruik van ‘chopped worm’ is so effektief a.g.v. die groot mate van geurvrystelling in die water wat op sy beurt die vis mal maak omdat dit deur die vis geruik word maar nie in groot hoeveelhede gevreet kan word nie. Jou hoekaas sal uit die aard van die saak ‘n heel of groot stuk wurm wees wat maklik opgeraap kan word en siedaar!

Die engelse het ‘n woord wat dit mooi uitdruk nl. “bait presentation”.  Dit is belangrik om enige aas so aanloklik as moontlik vir die vis aan te bied ten einde meer vis te vang.  Elke tipe aanbieding kan vir ‘n ander doel aangewend word – in die geval van ‘chopped worm’ word dit as ‘n ekstra lokmiddel in die voer of as ‘n tipe voer aangebied.  Hier is korrekte voorbereiding meer belangrik as netheid omdat dit deel van die voer gaan vorm.   Aas voorbereiding het ook baie met aasvertroue (“bait confidence”) te doen – as jy vertroue het in die aas en die voorbeireiding word reg gedoen, sal jy ook meer vis vang!

Wanneer gebruik jy ‘chopped worm’?

Ek laat my lei eerstens deur die dam of rivier waar ek hengel – die vis moet bekend wees daarvoor om wurms as aas te verkies. Tweedens laat ek my lei deur die dag – as ek ‘n wurm as hoekaas aangebied het en die vis verkies die wurm minstens drie keer bo sê ‘n degie sal dit my oortuig om ‘chopped worm’ aan te bied.  Die gebruik van die ‘chopped worm’ sal die vis net meer vertroue gee om te vreet en dit sal veroorsaak dat jy meer vis in jou hounet kan gooi – en dis waaroor dit mos gaan.

Hoeveel wurms?

Gebruik net genoeg wurms vir die doel van die aanbieding.  As jy byvoorbeeld dit in die voer wil gebruik met konvensionele oewer-hengel sou ‘n handvol voldoende wees op sê 1kg voer.  Jy sal meer wurms nodig hê as jy dit byvoorbeeld met Match-hengel wou ‘cup’ – dit hang af van die reaksie en behoefte van die vis.  Onthou net altyd een belangrike reël in hengel: as jy dit in die water ingesit het kan jy dit nie weer uithaal nie!

Watter tipe wurms?

Die rooi ‘kariba’ tipe is die beter opsie, maar jy kan ook springwurms vir die doel gebruik.  Springwurms is net bietjie meer morsig en werk moeiliker omdat die wurm ‘n dik taai slym afskei in die knip proses.

Vars Aas!

Net soos met enige ander aas moet ‘chopped worm’ ook vars voorberei en aangebied word.  Onthou: hoe varser enige aas hoe beter.  Kom ons kyk hoe om ‘chopped worm’ voor te berei.  Gaan soos volg te werk:

Stap 1:  Kry die wurms so grondvry as moontlik.  Dit kan gedoen word deur lagie vir lagie grond in die houer te verwyder sodat die wurms al verder ondertoe in die houer kruip.

 

Stap 2:  Die wurms word nou gewas – verkieslik op ‘n sif van soorte.

 

Stap 3:  Gooi nou die skoon wurms in ‘n klein ronde bakkie sodat hulle almal op een hoop lê.  Die bakkie moet net groot genoeg wees sodat jy gemaklik met die skêr daarin kan werk.  In Match-hengel word ‘n ‘pole cup’ sommer gebruik.

 

 Stap 4:  Ons gebruik ‘n spesifieke skêr vir die doel van die oefening.  Die skêr het 3 lemme wat langs mekaar geposisioneer is.   Knip nou die wurms stukkend sodat daar nie langer stukkies as ongeveer 10mm sal wees nie.

 

Stap 5:  So lyk die voorbereide ‘chopped worm’.

 

Stap 6:  Al wat nou oorbly is om dit in die voer in te werk.

 

Stap 7: Die voerbal wat op die strop gebruik kan word.

Read 3257 times Last modified on Wednesday, 22 May 2013 10:04

Johan is a Protea Match Angler, with federation colours in Bank Angling and is a well-known figure at the resorts he regularly visits on assignments.