Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 410
Wednesday, 17 April 2013 11:28

Vaaldamstrop

Written by 
Rate this item
(6 votes)

Die gewone Vaaldamstrop – ook bekend as die “Paternosterstrop” of “Boerestrop” – word gebruik om maksimale hengeldistansie te verkry en ook om die hoeke uit modderige bodems te hou. Dit word in beide vars en soutwater gebruik en is seker die oudste van al die bekende hengelstroppe. Die strop kan gebruik word vir verskillende spesies soos moddervis, kurper, baber en geelvis. Dit kan ook met of sonder ‘n mieliebom gehengel word, en is ‘n voorkeur-strop om in sterk wind te hengel of as maksimum afstand gekry moet word. Die ontwerp-teorie van die strop is dat die sinker heel onder aan die strop is met twee hoeke wat bokant dit gebind word. Die sinker is baie swaarder as die ase, wat beteken dat met die gooislag die strop netjies deur die lug sal trek met die sinker vooraan gevolg deur die hoeke. Verskillende sinkers kan gebruik word en die gooi afstand wat behaal kan word hang grootliks af van die gewig van die sinker wat gebruik word. Die ou gesegde lui:”hoe swaarder die sinker hoe verder die afstand”, maar onthou dat elke stok vir ‘n sekere sinker gewig ontwerp is, so dit is noodsaaklik dat diè spesifikasie nie oorskry word nie, anders kan dit die afstand belemmer of dalk die stok breek.

 

In modderige, sagte bodems moet die Vaaldamstrop met ‘n onderste sinkerlyn van ongeveer 400mm lank gebruik word - die langer sinkerlyn sal voorkom dat die hoeke in die modder wegsak.  Verskillende lengtes van die Vaaldamstrop word gebruik om moddervis, kurper, baber en geelvis te hengel.

 

Moddervishengel

‘n Kort weergawe van so 200mm lank met ‘n P3 of P4 sinker is ‘n dodelike tegniek om moddervis te vang.

Nadat dit ingegooi is word die lyn styf getrek en die katrol twee of meer draaie stywer gedraai. As die vis byt haak dit homself tussen die stywelyn en gewig kombinasie.

 

Kurperhengel

Presies dieselfde strop word vir kurpers as vir moddervis gebruik.

 

Baber & GEELVIShengel

Vir babers en geelvis word klein hoekase soos wurms of rysmiere gebruik - op diè tipe strop word sulke ase perfek aangebied. Groter ase soos viskoppe, kuikens of platannas word vir diè strop nie aanbeveel nie.

 

 

 

 

 

Vaste of Gly Vaaldamstrop (met Kraletjies)

Benodighede

  • Skaglyn tussen 14 en 18 lb
  • Hoeklyne tussen 7 en 10 lb
  • “ P “ gewigte met ogie bo- aan (jou keuse van grootte)  
  • Hoekies in die grootte wat jy verkies
  • Nr.10 of 12 “Power” draaispille
  • Kraletjies
  • “Safty clip” draaispil 

Let Wel: Gebruik die “snoerknoop” om hoeke mee te bind en die “Palomarknoop” om draaispille te bind (altwee word in die volgende uitgawe verduidelik)  

Stap 1 Die sinkerlyn gedeelte moet ongeveer 200mm lank wees met ‘n “safety clip- on swivel” onder en ‘n Nr.10 swivel bo.

 

 

 

 

Stap 2 Bind ‘n lyn van 130mm lank aan die Nr 10 draaispil bo die sinkerlyn. Ryg ‘n kraletjie op die lyn gevolg deur die een hoeklyn met ‘n Nr.12 draaispil aan en dan nog ‘n  kraletjie. Knoop dan ‘n Nr.10 draaispil aan die boonste punt sodat die hoeklyntjie tussen die 2 draaispille kan gly. Vir die vaste weergawe van die Vaaldamstrop bind die hoeklyn direk aan die onderste ogie van die draaispil vas.

 

 

Stap 3 Herhaal stap 2 sodat die volgende lyntjie dieselfde lyk as wat jy in stap 2 gedoen het. Die basis van die strop is nou voltooi.

Stap 4 Die finale stap vir jou strop is om ‘n Nr. 10 draaispil aan die boonste punt van jou strop  te bind.   

 

 

Read 5767 times Last modified on Wednesday, 22 May 2013 10:09