Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 409
Thursday, 14 March 2013 12:24

Die nuwe generasie

Written by 
Rate this item
(6 votes)

Die heel belangrikste komponent wat feeder hengel van enige ander faset skei, is die eindgerei, naamlik die feeder. So is dit dan ook seersekerlik die aspek wat die grootste veranderlike is wanneer jy besluit hoe 'n spesifieke dag of oewer aangepak gaan word.
Twee hoofgroepe bestaan, naamlik

"Cage Feeders" en "Method Feeders".

Ons begin in hierdie uitgawe by die "Cage Feeders". Die naam is afgelei van die hok werking wat al hierdie feeders het. Elkeen van hierdie feeders het 'n kenmerk wat hulle onderskei van die volgende een. Cage voerders sluit maar eintlik alles in wat dit waarmee jy die vis laat wei, hetsy fyn voer, partikels of aas, binne hou soos in 'n mandjie of 'n emmer. Daar is twee tipes cage feeders - in-lyn en aan-lyn. By albei tipes tref ons 'n paar variante aan, wat elkeen doelgerig is vir die tipe hengel wat jy wil doen. Die variante wissel van iets wat die voer maklik vrystel soos die draad-tipe met groot gate, tot 'n toe feeder wat net gaatjies het waardeur die lewendige aas kan kruip. Om die waarheid te sê, daar is ook 'n variant wat geen voer of aas kan vat nie, maar het net 'n sponsie in die feeder, wat 'n geursel of kleursel opsuig en so die vis lok. Dis nou vir die tye waar die enigste kos ter sprake jou aas moet wees.

Die Grootte
Die feeder self se grootte varieer van klein tot baie groot. Die heel grotes word dikwels gebruik om mee te voer. Ons het ook onlangs gehoor dat daar op hierdie jaar se Wêreld Kampioenskappe 'n tyd toegelaat gaan word waarin ons voer kan gooi op ons spesifieke hengel areas. Die groot feeders sal dus hier handig te pas kom. Die medium-grootte feeders word die mees algemeenste gebruik terwyl daar gehengel word. Hulle is groot genoeg om die regte hoeveelheid voer op die kol te stort. Die kleiner feeders word meestal gebruik wanneer die vis reeds op die spesifieke kol is en baie aggresief byt. Dan hou 'n klein hoeveelheid voer hulle daar, en die kleiner feeder se plons geluid op die oppervlak is ook baie minder steurend vir die vis. Die teenoorgestelde is ook waar omtrent die kleiner feeder. Dit word ook dikwels gebruik wanneer die vis sku is om hoek te vat. Wanneer vis sleg byt, gaan dit gewoonlik gepaard met 'n stadige metabolisme. Tydens hierdie stadium eet vis baie min, en is redelik onaktief. Hulle raak dus nie baie opgewonde oor hope voer wat in die water gegooi word nie. Inteendeel, ek vermoed dit sit hulle eerder af. Dit maak dan net sin om minder voer op jou kol te gooi.

Die Gewig
Soos in die vorige uitgawe reeds verduidelik, is dit soms nodig om met n swaarder voerder te hengel. Indien die stroom beweeg moet jy bepaal watter gewig feeder word nie deur die lopende water beinvloed nie. Die feeder moet stil lê onder die water om enige positiewe invloed te hê. In water wat baie diep is, is dit raadsaam om ook met 'n swaar feeder te hengel. Aangesien jy die voer asook die partikels op jou kol wil hê, gaan die feeder somtyds al klaar leeg wees wanneer dit die bodem bereik. Deur 'n swaarder feeder te gebruik kom dit vinniger op die bodem en die voer versprei dan mooi op een kol. Waar ons met feeder hengel d.m.v 'n buig in die stok se punt hengel, sodoende te sien of die vis byt, is dit noodsaaklik dat die feeder swaar genoeg is om die punt te buig en daar te hou.

Werking en Aanwending:
Die draad-tipe oop feeder met baie of groot gate word hoofsaaklik in vlakker water gebruik, aangesien die water die voer in die feeders van alle kante aanval los die voer soveel vinniger op. Hierdie tipe feeders verseker ' n vinnige vrystelling van grondvoer. Dit is natuurlik moontlik om die voer harder te pers vir stadiger vrystelling, maar dit het die negatiewe effek dat indien die voer weer te lank inbly maak dit 'n streep deur die water terwyl die vis ingebring word. Dit veroorsaak dat jou kol sy effektiwiteit verloor aangesien voer nou oral losgelaat word. Dit word aanbeveel in waterdieptes van ongeveer 1m tot 2.5m. Wanneer die water dieper as 2.5m is, word die plastiek feeders eerder gebruik aangesien hulle net 'n paar gaatjies het. Die water vat dus veel langer om die voer te laat blus en gee die feeder sodoende genoeg tyd om tot op die bodem te sak voor die pakkie voer en partikels afgelewer word. Jy kan steeds die voer redelik los hengel binne die feeder en so 'n konstante behou.

"Blocked-end" en "Closed" Feeders
Dit is 'n feeder wat toe of gedeeltelik toe is. Die standaard hengelaar sal nou vra maar hoekom sal mens met 'n toe feeder wil hengel, aangesien daar dan geen manier is wat die voer kan uitkom nie? Lewendige aas soos maaiers is 'n integrale deel van hengel in Europa en groei vinnig hier. Dit is nou juis hier waar die "Blocked" feeder 'n rol speel. Verskeie privaat beheerde waters in Europa laat selfs nie voer toe tydens hengel nie. Hier kom die tipe feeder saam met lewendige aas werklik tot sy reg. As die meegaande foto van die "Blocked" voerder bestudeer word sal u opmerk dat die voerder ook gaatjies in het. Die aas word eenvoudig in die feeder saamgepers en die doppie word opgesit direk voor die ingooi slag. Sodoende word die aas op die kol vrygelaat, deurdat hulle by die gaaitjies uitkruip. Op hierdie manier vervang die aas dan die voer. Ek het self op verlede jaar se Wêreldspele so gehengel en glo my dit werk beslis. Hierdie tegniek word ook met vrug in riviere aangewend. Die aas wat ontsnap word deur die stroom meegesleur en vorm so 'n voerlyn stroomaf. Die vis begin dan stroom op te wei totdat hulle by die feeder en die hoekaas uitkom. Dit kan ook natuurlik baie suksesvol met erdwurms gedoen word. Die vis kom suig in elk geval met 'n paar stewige teue die hele voerder leeg, en al wat oorbly is die wurmpie met 'n "angel".

Lang afstand Feeders:
Hierdie feeders word spesifiek gemaak met n 'Torpedo" of skerp tipe punt om af-stand te verbeter tydens die gooislag. Feeder hengel word meestal gesien as 'n naby tipe hengel. Met hierdie doelgemaakte vergooi feeder is afstande van 100m nie buite bereik nie. Hulle word in "Cage" sowel as "Blocked-end" tipes vervaardig. Al dieselfde toepassings ten opsigte van voer geld ook hier.

Read 2862 times Last modified on Wednesday, 22 May 2013 10:07

Jumbo is an experienced Protea angler in multiple disciplines and provides expert tuition that helps both beginners and experienced anglers alike.

 

More in this category: « Feeder fishing - the basics