Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 407
Thursday, 14 March 2013 10:47

Weerlig - Die Natuur se Angel - deel 2

Written by 
Rate this item
(1 Vote)

Mites & Feite

Vir eeue al word daar baie bespiegel en gemaan oor weerlig en sy dinge. Baie het verander deur die tyd en die mens het baie geleer omtrent hierdie verskynsel. Met 'n groot hoeveelheid wysheid het die mens allerhande beskermingsmeganismes ontwikkel om toerusting en lewens te beskerm. Baie van hierdie ontwikkelings is gebaseer op gegronde wetenskaplike bewyse, metings en teorië wat ons die versekering gee dat dit wel van pas is. Die belangrikste feit van al die feite is steeds dat weerlig die kragtigste van al moeder natuur se buie is, en dat die mens, ten spyte van al die toerusting en kennis, steeds nie weet waar en wanneer die volgende weerligstraal gaan tref nie.

Mite
Hitte Weerlig kom voor na warm somer dae en hou geen gevaar in nie!

Feit
Hitte Weerlig (Heat Lightning)  is egter net die flitse van 'n donderstorm wat te ver weg is om te hoor. Klank trek teen 343 m/sekonde, wat beteken 2.92 sekondes vir elke kilometer. 'n Maklike metode om te bepaal hoe vêr die weerlig geslaan het, is om die sekondes te tel vandat jy die slag sien tot wanneer jy dit hoor. Onthou, sonder om 'n stophorlosie te gebruik, kan jy die "Duisend-en-een, duisend-en-twee" metode gebruik. Hoe werk dit?

Sien die flits en begin tel: "Duisend-en-een, duisend-en-twee, duisend-en-drie....." ensovoorts tot jy die slag hoor. Vir elke drie sekondes, bereken een kilometer, dus 3 sekondes = 1 km, 6 sekondes = 2 km, 12 sekondes = 4 km.
Deur hierdie metode kan jy ook bepaal of die storm oppad na of weg van jou is.

Mite
As dit nie reën tydens weerlig nie, is daar geen gevaar in nie!

Feit
Weerlig tref baie dikwels sonder dat daar enige reën is. Al wat nodig is, is dat dat 'n elektriese gelaaide wolkmassa naby jou is, en dan kan die weerlig tref. Daar is bepaal dat weerlig gereeld tot sover as 15 kilometer weg van enige reënval slaan.

Mite
Mense of diere wat getref is deur weerlig, dra 'n elektriese lading wat jou steeds kan skok.

Feit
Daar is absoluut geen lading nie, aangesien die elektrise stroom reeds gevloei het, en geen toevoer meer bestaan nie. Dit is veilig om aan die persoon te raak, en so 'n persoon moet onmiddelik hulp kry. Ons berig volgende keer meer.

Mite
Die rubber sole van jou skoene of die bande van jou voertuig beskerm jou teen enige gevaar!

Feit
Die isolasie wat sole of bande bied is geensins voldoende nie, en wanneer dit nat is word die effek meer verdwerg. Elektriese skok deur aanraking met elektriese kabels, toestelle, skakeltuig of geleiers word as dodelik gesien by stroom van selfs minder as 100 Amps. Die stroom wat deur 'n enkele weerligstraal gelei word is meestal tussen 5 000 en 30 000 Amps, wat daardie klein isolasie gaping met minagting oorbrug.
Wat wel waar is, is dat die veiligste plek wel binne-in 'n motorvoertuig is. Die dop van die motor kan wel as 'n geleidingshuls dien, wat die stroomvloei buite om die insittendes kan gelei. Dit is egter nie 'n gegewe nie, en ernstige skade kan steeds aangerig word.

Mite
Hoë digte bome met baie blare bied beskerming as ek daaronder skuil!

Feit
Hierdie is een van die gevaarlikste dinge om te glo. Bly weg van bome af. Bome is sekerlik een van die "most hit structures" en is NIE beskerming nie. Die grootte van die "trap-en-raak potensiaal" word bepaal deur die afstand vanaf die boom, en ook die afstand tussen jou twee voete wat aan die grond raak. Hoe verder weg van die boom, hoe laer jou profiel en hoe nader jou voete aanmekaar is, hoe beter jou kans as die boom getref word. Dieselfde beginsel geld as twee mense hande vashou, en die afstand tussen die twee persone se voete verhoog die impak. Dus gaan hurk met jou voete teen mekaar weg van bome of strukture af indien die weerlig om jou begin slaan. Dis veiliger as jy nie jou kind se hand vashou nie.

Read 3213 times Last modified on Friday, 15 March 2013 11:33

Werner manages the process flow, takes care of Photography, Match Angling and Feeder Fishing technical editing. He is also a veteran Protea angler and National angling coach.