Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 403
Thursday, 14 March 2013 10:29

'Black-Eyed Beans'

Written by 
Rate this item
(3 votes)

'Black-Eyed Beans' sorteer onder van die beste saad tipe ase vir groot karp en dit is al vroeg in die 1970's in Engeland gebruik om groot karp mee te vang. As jy nog nooit hierdie saad gebruik het nie is dit nou die kans om dit 'n probeerslag te gee...

'Black-Eyed Beans' is 'n effens kleiner saad as bv. 'Maples' en omdat dit ook nie so swaar is nie, is dit die perfekte saad om in modderige of damme waar baie slik voorkom, te gebruik. Die saad sal baie maklik net bo-op die sagte bodem gaan lê sonder om weg te sak uit die oog van die karp uit. 'Black-Eyed Beans' kan ook maklik gegeur of gekleur word en fermenteer ook maklik vir ekstra aantreklikheid vir die karp. In waters waar hierdie saad nie baie gebruik word nie of dit onbekend is vir die karp, word dit gewoonlik met groot sukses gebruik. Sommige hengelaars meen dat dit 'n "kits" aas is wat die karp nie kan weerstaan nie.

'Black-Eyed Beans' is baie vullend en jy moet versigtig wees om nie te veel daarvan te voer nie, tensy jy weet daar baie vis in die betrokke water is wat maklik groot hoeveelhede daarvan gaan opslurp. Die beste metode om hierdie saad te gebruik is om 'n paar hande vol met 'n aaskettie (indien moontlik) oor die area te skiet waar jy wil hengel en eenvoudig jou haarstrop met drie of vier 'Black-Eyed Beans'daarop in die middel van die area te gooi. Ont-hou dat omdat die 'Black-Eyed Beans' lig is, dit nie so vêr as 'Maples' geskiet kan word nie. As die hengelafstand dan te ver is, moet daar van 'n alternatiewe metode soos 'n 'rocket' gebruik gemaak word.

Stap 1
Los 'n teelepel sout in water op en gooi dit oor die droeë 'Black-Eyed Beans' sodat daar ten minste 2cm water bo-oor die oppervlak van die 'Black-Eyed Beans' lê.

Stap 2
Nou kan jy die 'Black-Eyed Beans' met 'n geur-en/of kleurmiddel van jou keuse geur en/of kleur. Gebruik 'n helder kleur as jy wil hê die saad moet uitstaan, of 'n donkerder kleur as die saad teen die bodem gekamofleer moet wees. Roer die inhoud 'n paar keer om die geur en/of kleur eweredig te versprei.

Stap 3
Laat staan die 'Black-Eyed Beans'vir ten minste 24 tot 36 uur om die water te absorbeer. Die saad sal baie water absorbeer – jy sal dus noodgedwonge ekstra water deur die periode moet byvoeg.

Stap 4
Nou word die 'Black-Eyed Beans'met water en al in 'n groot kastrol gegooi en tot kookpunt op die stoof gebring. Draai dan die stoof af tot op medium hitte en laat prut vir 15 minute.

Stap 5
Laat die saad afkoel - verwyder die kastrol van die stoof en gooi die water af. Tap koue water in en laat staan vir so 10 minute waarna die water weer afgegooi word. Die 'Black-Eyed Beans' is nou gereed vir gebruik. Net soos ander sade kan die 'Black-Eyed Beans' ook nou 2-3 dae laat staan word om te fermenteer. Gooi die reeds voorbereide 'Black-Eyed Beans' in 'n emmer en seël dit met 'n deksel. Laat staan in 'n warm plek.

Read 3915 times Last modified on Wednesday, 17 April 2013 11:27

Johan is a Protea Match Angler, with federation colours in Bank Angling and is a well-known figure at the resorts he regularly visits on assignments.