Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 408
Wednesday, 13 March 2013 15:22

Die Ongewenste Karpe

Written by 
Rate this item
(4 votes)

Die Ongewenste Karpe'n Graskarp - die goed kan mooi groot raak en baklei sterk - maar na dit geland is, is daar net een pad daarvoor - UIT!'n Graskarp - die goed kan mooi groot raak en baklei sterk - maar na dit geland is, is daar net een pad daarvoor - UIT!

Deesdae word al hoe meer Chinese Graskarp deur hengelaars gevang terwyl hule eintlik vir gewone Karp hengel.Diè spesie is in die Sewentigs ingevoer om as 'n biobeheermiddel gebruik te word om oormatige gras in besproeiingsdamme te bekamp.

Ongelukkig het die natuurbewarings- en visserybeamptes destyds nie hul huiswerk ordentlik gedoen nie en toegelaat dat geslagsrype visse ingevoer is - hulle het verkeerdelik gereken dat die vis nie in Suid-Afrika sou kan voortplant nie. Wat 'n fout! Vandag is hulle oral – in die Vaal- en Oranjeriviere en hulle doen beslis waarvoor hulle bekend is, naamlik hulle vreet plantmateriaal en sodoende verwoes hulle nie net die broeiplek van ander spesies nie, maar ook die plante wat juis nodig is om mikro-ekosisteme te vestig wat op hul beurt kos vir ander spesies moet voorsien. Voorwaar 'n eko-ramp! Mense dink ook dat graskarpe 'n dam silwerskoon sal maak, maar onthou dat die vis 'n biobeheer middel is en nie 'n biobekampings middel is nie, maw dit sal gras beheer maar sal dit nie sommer uitwis nie.
Maar synde dat die graskarp spesifiek 'n plantvreter is, hoe is dit dan dat oewerhengelaars die vis met gewone karpase soos byvoorbeeld floaties gevang kry? Die antwoord op diè netelige vraag word al meer duidelik, naamlik dat die plantmateriaal wat hule eintlike kos is word al hoe minder en nou gryp hulle enige kos wat voorkom. Duidelik is hier indringende navorsing nodig, maar intussen word alle hengelaars angemoedig om nooit – maar nooit – enige graskarp terug te plaas nie. Doen daarmee wat julle wil - dis ongelukkig nie 'n goeie tafelvis nie - moet dit net nie terugplaas nie! Intussen maak Mpumalanga Natuurbewaring hoog op dat hulle 'n persoon gevang het wat graskarp invoer en dan aan boere verkoop. Goed en wel – hulle oefen hul plig uit, maar dit laat die vraag ontstaan: hoe het die persoon ooit 'n invoerpermit gekry en hoe het hy verby die doeane gekom?

Die Chinese SilwerkarpDie Chinese SilwerkarpCHINESE SILWERKARP
En verder - kan ons nou ook verwag dat die Mpumalanga provinsiale regering dieselfde entoesiasme sal openbaar om iets positief aan die Chinese Silwerkarp in die Olifantsrivier stelsel onderkant Loskopdam te doen? In Amerika word die vis 'n "Chinese Flying Carp" genoem en is daar net so ongewens.
Diè vis voed heel onder in die voedselketting, en is vir meer as twee dekades besig om die totale voedselketting tot in die Kruger Wildtuin te verwoes. Praat van 'n eko-ramp! Dis hoekom hengelaars by Arabiedam deesdae ook diè vis met gewone karpase vang – daar is al hoe minder natuurlike voedsel, en dit hou groot gevaar in vir Arabie se bekende kurpers en ander spesies wat eens volop was (byvoorbeeld waar is die Dwergtiervis deesdae?).
Dieselfde uitgangspunt wat betref vangstes van die Chinese Silwerkarp geld vir vangstes van die Graskarp – haal alles uit! Die Silwerkarp was destyds ingevoer om as tafelvis te dien en die plan was om dit onder kleinboere in van die tuislande te vestig – goeie idée maar niemand het diè mense gevra of hulle die vis wel sou eet, en omdat die vis 'n eienaardige vorm het was daar maar bittermin belangstelling. Die eerste Silwerkarpe is by die ou Marble Hall visteelstasie gehuisves, maar na 'n hewige storm het van die damme gebreek en die visse het in die Elandsrivier beland. Die hengelpubliek is gerusgestel dat die visse almal steriel is en dus geen gevaar vir die Olifantsrivierstelsel inhou nie – totdat plaaslike hengelaars derduisende klein Silwerkarpe opgemerk het! Nou het die vis die hele Olifantstelsel ingeneem tot binne die Wildtuin en vanaf natuurbewaring se kant af is daar 'n oorweldigende stilte.
Diè vis is volgens die NEMBA wetgewing as totaal ongewens verklaar, maar as jy daarvoor hengel geld die normale hengelreëls steeds; wat eintlik moet gebeur is dat enige vorm van hengel of visvang vir hierdie spesie toegelaat moet word, soos jigging met 'n drie-angelhoek byvoorbeeld wat met normale hengel onwettig is. Intussen is die enigste praktiese hulp wat hengelaars kan verleen is om elke Silwerkarp wat gevang word uit te haal! En dit beteken ALLES!

Read 3452 times Last modified on Wednesday, 13 March 2013 15:30

An award-winning angling journalist, Eugene has seen The Bank Angler magazine grow from a quarterly to a monthly publication with an accredited ABC rating. He brings a wealth of angling journalism experience to produce angling publications of an international standard.