Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 404
Wednesday, 13 March 2013 11:24

Zeekoeivlei

Written by 
Rate this item
(3 votes)

Die topografiese informasie oor die dam:
Naam van die Dam: Zeekoeivlei
Naam van die Provinsie: Westelike Provinsie
Naaste Groot Dorp/Stad: Kaapstad Km Afstand: 20km
Oewer: Oostelike

Algemene inligting :
Zeekoeivlei is 'n natuurlike vlei van ongeveer 250ha, geleë op die Kaapse Vlakte, rofweg tussen Kaapstad en Muizenberg. Zeekoeivlei en die omliggende area, insluitende Rondevlei en Strandfontein uitvalwerke is in 2000, vanweë die sensitiewe plantegroei en unieke dierelewe wat hier voorkom, tot Natuurreservaat, verklaar. Gedurende die 2008/09 seisoen het 88000 mense die area besoek.

Die vlei word gevoed deur die Lotusrivier. Die kwaliteit van die vlei se water het die afgelope aantal jare baie verbeter, deurdat die vlei se "sluise" elke jaar gedurende die wintermaande uitgehaal word sodat die winterreën die vlei letterlik, kan skoonspoel. Gedurende hierdie tyd sak die vlei wat op sy diepste skaars 2m is, se watervlak met ongeveer 0,8m. Hierdie tendens het ook meegebring dat die gemiddelde grootte van die Karp wat gevang word, toegeneem vanaf ±500g/vis tot ±1,5-2kg/vis. Dit word grootliks toegeskryf aan die impak wat die groot swerms pelikane op die skole klein vis het gedurende hierdie tydperk wanneer die watervlak so laag is.
Hierdie vlei is bekend vir die groot hoeveelheid karp wat hier voorkom en is dit niks ongewoon om sakke van 100kg tydens 8-uur kompetisies, hier te vang nie. Dit is 'n fantastiese hengel-water wat die hele jaar vis oplewer.
Vanweë die feit dat die vlei ook deels binne 'n woonbuurt geleë is, is die beskikbare hengelwater beperk. Tans word hengelkompetisies slegs op die oostelike oewer aangebied.
Die vlei is ook berug vir die sterk suid-ooste (somer) of noord- weste winde (winter) wat hier kan waai. Alhoewel dit die hengel bemoeilik, kan die denkende hengelaar steeds baie vis vang. Ondervinding het geleer dat mens onder sulke omstandighede byvoorbeeld met effens langer hoeklyne (15-20cm) hengel met 'n groter hoekaas, soos byvoorbeeld 'n mieliepit en deeg.

Die gemiddelde waterdieptes oor die oewer op bepaalde afstande:

Afstand Diepte (vt)
50m 1,0m (3vt)
80m 1,3vt (15vt)
120m 1,5m (24vt)

 

Die volgende visspesies kan geteiken word en die twee belangrike seisoene van die jaar:

Vis Spesie Spesie in die dam Ja/Nee Somer Winter Normale Hengelafstand vir die spesie (Meter)
Ja/Nee Ja/Nee
Karp Ja Ja Ja 50-90m
Geelvis Nee Nee Nee  
Barber Bitter min Nee Nee  
Moddervis Nee Nee Nee  
Kurper Ja Ja Nee 50m
Paling Nee Nee Nee  
Gras Karp Nee Nee Nee  

 

Indien jy spesifieke spesies wil teiken kan jy die volgende aastipes oorweeg:

Vis Spesie Vaaldam (Glei) Vaaldam (Vas) Rietvlei Baberstrop Ander (Noem)
Karp x x x   Hoeklyne effens langer as wind sterk waai
Geelvis          
Barber          
Moddervis          
Kurper   x      

 

Indien jy spesifieke spesies wil teiken kan jy die volgende stroppe oorweeg:

Vis Spesie Soet Wit Deeg Gegeurde Deeg (Reuk) Floaties (Reuk) Erdwurms Gegeurde Mielies (Reuk) Ander (Noem)
Karp x peach lemon ebony Special  
Geelvis            
Barber            
Moddervis            
Kurper     lemon x    
Read 3062 times Last modified on Wednesday, 13 March 2013 11:48

Andries is the coach of the Protea World Carp Championship team that has won the world title in four consecutive years. He covers Bank Angling tournaments and is the Secretary of SAFBAF.