Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 404
Wednesday, 13 March 2013 10:53

Klipdriftdam

Written by 
Rate this item
(3 votes)

Agtergrond
Klipdriftdam is gebou in die Loopspruit. Die dam het eers bekend gestaan as Setlersdam en later is die naam na Klipdrift gewysig. Op vol kapasiteit beslaan die ongeveer 10 000m²en is ongeveer 27km vanaf Potchefstroom en 100km vanaf Johannesburg. Daar is 3 oewers waar daar gehengel kan word. Die 4de oewer behoort aan 'n privaat eienaar wat dit onder verhuur. Daar is twee tipes oewers - die oewer vir kompeterende hengel en die oewers vir sosiale hengelaars. Die plaas van mnr De Buis (1) word bestuur deur mnr Vermaak en word baie gereeld deur die Kompeterende hengelfaset gebruik.

* Vir navrae oor besprekings vir die kompetisieoewer by Klipdriftdam skakel die eienaar Hans Vermaak, Tel. 018 290 1631.

Die gemiddelde waterdieptes oor die oewer op bepaalde afstande:

Afstand Diepte (vt)
50m 5vt tot 7vt
80m 5vt tot 10vt 
120m 8vt tot 14vt
130m en verder 14vt

 

 

 

Die volgende visspesies kan geteiken word in die twee belangrike seisoene van die jaar:

Vis Spesie Spesie in die dam Ja/Nee Somer Winter Normale Hengelafstand vir die spesie (Meter)
Ja/Nee Ja/Nee
Karp Ja Ja Ja 50m tot 130m
Geelvis Ja Ja Nee 50m tot 80m
Barber Ja Ja Nee 60m tot 140m
Moddervis Baie Min Ja Nee Geen voorstel
Kurper Nee Nvt Nvt Nvt
Paling Nee Nvt Nvt Nvt
Gras Karp Nee Nvt Nvt Nvt

 

Indien jy spesifieke spesies wil teiken kan jy die volgende aastipes oorweeg:

Vis Spesie Soet Wit Deeg Gegeurde Deeg (Reuk) Floaties (Reuk) Erdwurms Gegeurde Mielies (Reuk) Ander (Noem)
Karp x Nee Banjo x Gumtree Snotties
Geelvis x Nee Fluoresein x    
Barber       x   Rysmiere
Moddervis x          
Kurper Nvt          
Paling Nvt          
Gras Karp Nvt          

 

Hierdie reeks word aangebied om bruikbare inligting van al die gewilde damme en oewers aan lesers te voorsien. Van ons bekendste kompeterende hengelaars is ook genader om van hulp te wees met die damme in hulle eie provinsies. In kort gaan lesers 'n inligtingsbron verkry om as verwysing te gebruik wanneer 'n hengelgeleentheid by een van die damme geniet word.

Read 3354 times Last modified on Wednesday, 13 March 2013 11:24

Andries is the coach of the Protea World Carp Championship team that has won the world title in four consecutive years. He covers Bank Angling tournaments and is the Secretary of SAFBAF.

Related items