Thursday, 17 March 2016 10:58

Hoe nou gemaak? deel 1

Written by 
Rate this item
(0 votes)

Hoe nou gemaak? deel 1

Uitdaging

Ek het vir my ‘n koffiemeul katrol gekoop en die lyn begin oprol. Nadat ek die spoel  vol gerol het met die vislyn sien ek dat die lyn nie eweredig op die spoel opgerol het nie. Die lyn is dikker opgerol aan die bokant van die spoel waar dit dunner was aan die onderkant.

Oorsaak

Wanneer die handvatsel van die katrol gedraai word, beweeg die spoel op en af sodat die lyn eweredig op die spoel gerol kan word deur die “bail-arm” wat rondom dit draai. Die spoel se op-en-af beweging word veroorsaak deur die interne rat sisteem van die katrol. Baie van die koffiemeul katrolle wat in Europa ontwikkel is, word vir lyndiktes van 0.30mm of meer ontwerp. Wanneer baie dun lyne, soos hier by ons gebruik word, kan sulke klein verskille veroorsaak dat daar “afwykings” is. Om die egalige oprol van die lyn te verkry, moet die presiese plasing van die spoel op die as ten opsigte van die “bail arm” presies reg wees.

Oplossing

Heelwat koffiemeul katrolle maak voorsiening vir hierdie afwykings en verskaf genoeg wasters op die presiese plasing van die spoel te verkry en aan te pas vir elke hengelaar se individuele behoeftes. Die stappe om te neem word verduidelik aan die hand van een van die Shimano katrolle as voorbeeld:

 

Read 682 times Last modified on Thursday, 24 March 2016 08:56

Latest from Sonja Agrella

More in this category: « Onderstebo Vaaldamstrop