Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 403
Wednesday, 13 March 2013 10:24

Grootdraaidam

Written by 
Rate this item
(7 votes)

Grootdraaidam is 'n dam wat gereeld deur omliggende provinsies gehengel word en na ons eerste sessie kon ek sien hoekom dit een van die hengel "Mekka's" in Mpumalanga is... My eerste kennismaking met die dam was lank gelede toe ek nog as junior hengelaar vir Verre Noord (nou Limpopo) gehengel het. Die Standerton Derby was 'n jaarlikse kompetisie wat gehengel was tussen 'n klompie provinsies – amper iets soos die Geheel Transvaal Kampioenskap wat vandag nog gehengel word. Tot voor hierdie sessie sou ek nie eers by die dam kon uitkom op my eie nie! Ek en Sarel het onder leiding van Morné stelling in 'n oop gat in die waterlynplantegroei ingeneem. Om die beste van die relatiewe klein stukkie 'oewer' te maak, het ons maar ons staanders opgestel in 'n webvorm sodat ons nie in mekaar se pad sou wees tydens die sessie nie. As ek so vinnig na die dam kyk en luister na wat Morné vertel, dan sien ek uit na die sessies wat kom...

Gaste vir die sessie
Naam: Morne Ludick.
Klub en Provinsie: Standerton HK, Mpumalanga
Beroep: Sakeman en Eienaar van Rainbow Angling, Standerton. Tel nr. 017 712 6707
Hoogste span behaal: Mpumalanga Snr A
Meeste vis ooit gevang: 76 vis by Harties in 'n klubkompetisie.

Die Oord
Naam: Standerton & Distrik HK/ Meyerville HK gronde
Hoe om daar te kom: Vanaf Standerton ry met die R23 in die rigting van Vrede. Ry net oor die Vaalrivier en draai dan links op die eerste grondpad. Volg die grondpad vir ongeveer 7km. Die rooi hek is aan die linkerkant van die pad.
Lengte van oewer: 7 km
Toegang: R25 pp

Die Oewer
Kontak: Francois Scheepers. Tel: 083 279 4498 Let wel: Slegs vir klub besprekings.
Grondoppervlak: Lang gras tot teen die water.
Waterkleur: Lig bruin groen.
Waterdiepte: 'n Meter diep op 15 meter vanaf die oewer waar ons gehengel het.
Obstruksies: Effense grassies dan-en-wan.

Die Weer
Lugtemperatuur: Min 19°C @ 06:00 en Maks. 29°C @ 13:00.
Windsterkte: 5-20 km/h.
Windrigting: Wes
Wolkbedekking: Aanvanklik geen maar bewolk later.

Die Sessie
Datum: Dinsdag, 19 Januarie 2010.
Duur: 08:30 tot 13:30.
Hengelarea: In die sloep onder die wit toilet.
Verwagting: Hoe sal ons eerste sessie daarna uitsien?

Afstand
Onder kompetisie omstandighede, wanneer daar baie oewergeraas is, is die vis geneig om die dieper water te gaan opsoek. Dan is dit beter om met een stok op so 90 tot 100m te hengel en dan die ander stok op 'n goeie 120m. Kyk dan op watter afstand die vis beter reageer en maak die aanpassing soos nodig.

Geurkonsentrate
Wat kan jy verwag t.o.v. geure by Gootdraaidam? Wel geure soos 'Musk', TCP, Perske, Duiwelsdrek, Konffel, 'Bunspice', Aarbei, Piesang en Bloekom kan met groot sukses gebruik word. Ek dink daar bestaan baie ooreenkomste wat geure betref tussen Grootdraai en Vaaldam. So probeer gerus jou gunsteling Vaaldam geurkombinasies ook hier.

Stroppe
Dit is altyd die moeite werd om met verskillende idees, wanneer dit by stroppe kom, te eksperimenteer. Ek en Morné het 'n 'standaard' Glyrietvlei gebruik met 'n M0 en M1 onderskeidelik. My voorkeur hoekgrootte is die nr. 1 DH 55 en Morné sê hy geniet 'n nr.2. Ek het opgelet dat Sarel 'n ander strop as ons gebruik en het nadere ondersoek ingestel. Die strop wat hy gebruik het was in werklikheid 'n 'Bottom' of Vaaldam strop, maar met 'n bietjie verbeelding het hy dit in 'n semi-vaste Rietvlei strop omskep. Die hoeke word deur 'gummy stops' in posisie gehou op die skag- of gewiglyn. Die gewig waarvan hy gebruik gemaak het is 'n "mushroom" tipe waarin 'n hakkie gedraai is en dit word heel onder aan die gewiglyn gebind. Nou word die boonste hoeklyn aan die bo-kant van die gewiglyn geposisioneer sodat die hoek bo die gewig hang. Die onderste hoeklyn word tot heel onder teen die gewig geskuif sodat die hoek onder die gewig hang. Wanneer jy nou die voerbol op die gewig vasdruk, lê die onderste hoeklyn langs die gewig en druk dit saam met die voerbol om die gewig vas. Hierdie strop bied die voordeel dat daar altyd 'n hoek weerskante van die voerbol lê. Jy kan ook die hoeke posisioneer waar jy wil om te kyk of jy beter resultate met verskillende hoekposisies het.

Hoekase
1. 'n Wit amandel degie het vir baie van die vis gesorg
2. 'n Hele of halwe maaier floatie
3. 'n Enkel pit het ook gewerk – selfs 'n groot Muddie het daarvoor kans gesien!
4. Ons kon ook 'n vis of wat op wurms vang.

3 Dubbels!  Hoe is dit vir geluk? Drie dubbels in een sessie – beslis 'n hupstoot in enige kompetisie!3 Dubbels! Hoe is dit vir geluk? Drie dubbels in een sessie – beslis 'n hupstoot in enige kompetisie!

Voer
Sonder om dit vooraf te bespreek het elkeen van ons iets anders met ons voer gedoen: Morné het by 'n standard voer gebly en niks addisioneel in sy voer gebruik nie. Sarel het 'n handvol fluorescein Stimulator Pellets by sy voer ingemeng en ek het 'n halwe blik KOO pitmielies by my voer gebruik. Sarel wou 'n voer met ekstra wolkende werking in die water hê en ek wou meer vaste partikels op my kol los waaraan die vis deur die sessie kan peusel.

Die sessie
Omdat ek nie die dam so goed ken nie, het ek besluit om twee kolle te hengel op 70 en 90m onderskeidelik. Die nader kol het meer vis opgelewer met 'n hoër byttempo. Die vis het van die eerste gooie gebyt en hoe meer akkuraat jy die kol kon raak gooi hoe gouer het jy 'n byt gekry. Sarel en Morné het albei tussen 80 en 90m gehengel. Al drie van ons het begin met die rooi Molasse Musk bol dip en groen Duiwelsdrek 'Bait spray'. Morné het aanvanklik ook goeie resultate met die sagte TCP en aktiewe geel knoffel gehad. Toe die wind later in die sessie opsteek het ek die sterker TCP by die Musk/duiwelsdrek kombinasie bygesit en dadelik goeie reaksie gehad. Growwer deeg op die hoek het ook effens groter vis beteken. Ek kon 'n paar vis met 'n enkel mieliepit flous – onder andere een van die groter muddies!

Read 5000 times Last modified on Friday, 15 March 2013 11:22

Johan is a Protea Match Angler, with federation colours in Bank Angling and is a well-known figure at the resorts he regularly visits on assignments.

More in this category: Rosslee Vaaldam »