Friday, 17 April 2015 13:47

Issue 115

Written by 
Rate this item
(0 votes)

“Muddy Magic” Deel 7

Met die April skoolvakansie in volle swang is Ju-wan en Ju-viné so te sê reeds in die bakkie toe hulle hoor dat Pa more gaan visvang. Petru van Go Fish hengelwinkel in Middelburg en sy provinsiale penmaat, Tinus, gaan ook vandag saam. Ons ontmoet hulle by die water omstreeks 08:00 waar hulle reeds kliphard besig is om te hengel. Tinus het reeds sommer vroeg-vroeg ‘n beer van ‘n Muddie aan die lyn gekry en dis nou veilig in sy hounet.

 

KOM ONS GAAN OEWERHENGEL!

In hierdie reeks artikels hengel 11 keer Protea hengelaar Neville Foord* by verskeie bekende oewers waar kompeterende hengelaars gereeld meeding in belangrike kompetisies. Die reeks is saamgestel om kompeterende hengelaars waardevolle inligting vir die kompetisie in te lig. Ons leer alles wat belangrik is om konstant goed te preseteer in oewerhengel.

 

Oppad na sukses

In my reeks gaan ek baie Pro Mania hengelsessies saam met Bloemfontein Hengelklub beleef. Dit is die klub waaraan ekself behoort. Vir Maart het ons besluit om by die lekker Bloemhof met sy slegte teerpaaie te gaan hengel. Wat Bloemhofdam so ‘n uitstekende hengelbestemming maak, is dat die vis oor die algemeen groter is. ‘n Sak van 30 karpe swaarder as 50kg is nie ‘n rare verskynsel nie. Dis seker die rede hoekom so baie provinsies hul Nasionale Kampioenskappe hier aanbied. Dis ook hier waar GP Nel en Kobus van Loggenberg in slegs 72 ure 1 449.65kg se karpe gevang het. Meer as ‘n ton vis met slegs 4 visstokke! Dan is dit nie eers om te praat van hoe die dam wemel van monster babers, skole onderbekke en reuse graskarpe nie.

 

Read 1243 times Last modified on Tuesday, 19 May 2015 09:59

Latest from Sonja Agrella

More in this category: « Issue 100 Issue 99 »