Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 407
Tuesday, 12 March 2013 13:19

Weerlig - Die Natuur se Angel

Written by 
Rate this item
(2 votes)

Weerlig en die nagevolge van weerlig is en was nog altyd maar 'n sakie waar daar baie vrees, onkunde en selfs onverskrokkenheid ter sprake is. In die volgende paar uitgawes gaan hierdie onder-werp meer in diepte beskou word, en ook nuttige wenke gee wat kan help in die voorkoming van skade of beserings, asook wat om te doen in die geval van 'n voorval.

Weerlig is wel pragtig om te aanskou op Discovery en National Geograph-ics, maar dit is nie net Moeder Natuur se mees kragtige verskynsel nie, maar ook die algemeenste en mees verwoestende verskynsel. Dit is belangrik om weerlig met respek te benader, en jou kennis te verbreed, sodoende meer te verstaan van die impak en potensiaal.

Hier is 'n paar interessante feite:

1. Daar word geskat dat daar elke sekonde van die dag ongeveer 100 weerligflitse oor die oppervlak van die hele aarde voorkom.


2. Die meeste weerlig ontladings vind plaas binne die wolkmassa, maar slegs 20% vind plaas tussen wolk en grond.


3. 'n Weerligstraal kan die lug waardeur dit beweeg tot 'n ongelooflike tempe-ratuur van 30 000 oC verhit.


4. Die elektriese stroom van 'n enkele weerligflits kan genoeg energie verskaf om 'n stad van 200 000 mense vir 'n minuut lank te verlig.


5. 'n Gemiddelde weerligflits se energie kan 'n 100 watt gloeilamp vir 3 maande lank laat brand.


6. Die hoogliggende bergland in Lesotho en Kwazulu Natal, asook die suidelike dele van Mpumalanga, is die geografiese gebiede waar die meeste weerlig aktiwiteit voorkom. Giant's Castle en Piet Retief kry onderskeidelik 'n gemiddeld van 13 en 12 flitse per km2/jaar.


7. Nuwerwetse grafiek visstokke is 'n uitstekende geleier van elektrisiteit, en sal 'n weerligstraal met groot affiniteit gelei na die aarde, en as dit deur die hengelaar moet wees, sal daar 'n hele paar honderd Ampere ter sprake wees.

Hierdie foto is onlangs geneem en ingestuur deur Peet Barnard.  Hierdie foto is onlangs geneem en ingestuur deur Peet Barnard. Hy skryf: "Ek voel net eenvoudig dat die foto en gebeurtenis beslis gedeel moet word met medehengelaars. Rheo hengelklub het op die naweek van 5 Desember 2009 'n kompetisie gehengel in die Vaaldam (Ardensa). Na die kompetisie wat om 15:00 gestop het, het ons geweeg soos normaalweg. Teen ongeveer 15:30 het die weer vinnig opgesteek en hael het op ons neergesak. Die weerlig was erg en ongeveer 30m van waar ons geweeg het 'n grafiet stok raakgeslaan, wat in 'n normale hengelposisie, (horisontaal) op die mikke gestaan het. Ek sluit 'n foto in van die spesifieke stok. Die vlamme het op die stok gestaan en letterlik was die stok aan die brand. So bly weg van jou grafiekstokke as daar weerlig is."

Read 3166 times Last modified on Wednesday, 13 March 2013 09:07

Werner manages the process flow, takes care of Photography, Match Angling and Feeder Fishing technical editing. He is also a veteran Protea angler and National angling coach.   

More in this category: Die Ongewenste Karpe »